Logo System Basic ComputerSystem Basic Computer

DiamanteDIAMANTE

Mense van oor die hele wÍreld wat Suid-Afrika besoek, gaan om hulle te sien - die beroemde De Beers - diamantversameling van elke moontlike kleur en snit wat bekend is.
Die versameling word bewaar in 'n groot, geboŽ sorteersaal op die sewende verdieping van een van Kimberley se toringgeboue, die Harry Oppenheimer - gebou wat net aan een kant vensters het. Hierdie sentrum van diamantsortering in Suid-Afrika oorheers Kimberley se Burgersentrum en kyk uit oor die Sir Ernest Oppenheimer gedenktuin wat De Beers, die grootste diamantmaatskappy ter wÍreld, aan die stad geskenk het.

Omdat die gebou oorhel, skyn geen son ooit op die lang sorteertafels nie hoewel die gebou aan daardie kant byna heeltemal van glas is en 'n onbelemmerde gesig oor die stad bied.

Nie dat baie van die besoekers juis die stad wil bekyk nie. Dis die gesig op 'n hoop diamante wat miljoene rand werd is - gewoonlik 'n week se oes - wat hulle aan die plek vasnael. Selfs die ongeslypte stene het 'n glansende wit of geel skynsel. Maar dis die De Beers versameling self wat die asem wegslaan.  Die stene is pienk, blou, dofpers, bruin, donkergrys, geel, roesbruin, lemmertjie-groen... Soms kan mens kwalik glo jy kyk na 'n diamant.

Sierstene kan in vier hoofkategorieŽ ingedeel word: stene van 'n taamlik reŽlmatige vorm; gekloofdes, die onreŽlmatige, gebroke kristalle; driehoekige tweeling - diamante; en plattes, die dun, plat kristalle. Binne hierdie hoofkategorieŽ is daar meer as 2.000 afsonderlike klassifikasies volgens gehalte, kleur en grootte.

Sierdiamante het nege basiese kleure - vier verskillende wittes en vyf geles, wat gewoonlik 'n derde van die prys van die wittes haal. Die gewildste snitte is die briljant, markiesin, smarag, peer, enkelsnit, ovaal en baguette. Die meeste van hierdie snitte het tot 58 fasette - 32 plus die "tafel" (die grootste faset) bokant die gordel van die steen en 24 plus die "culet" (punt) aan die onderkant.

Diamante skitter niet wanneer hulle uit die grond gehaal word nie. Die meeste het 'n film oor hulle wat olierig lyk. Maar wanneer hulle in vlakke geslyp en gepoleer is, weerkaats hulle lig. Dit is hierdie weerkaatsing wat aan die diamant sy glans en vuur verleen.

Die grootste diamant wat ooit ontdek is, die Cullinan - diamant van die Premiermyn naby Pretoria, het 3.106 karaat gehad voordat dit geslyp is en byna 'n pond geweeg. Uiteindelik is dit in nege manjifieke sierstene verdeel. Omdat die Cullinan - diamant van onskatbare waarde is, kon dit nie verkoop word nie. Derhalwe het die destydse Eerste Minister van die Unie van Suid - Afrika, generaal Louis Botha, besluit om dit aan koning Eduard VII en koningin Alexandra te skenk.

Ander beroemde diamante wat in Suid - Afrika gevind is, is onder meer die Eureka (10,73 karaat), die steen wat die stormloop aan die gang gesit het. Dit is in 1866 deur die kinders van Daniel Jacobs opgetel onderwyl hulle met klippies op die oewer van die Oranjerivier by Hopetown naby Kimberley gespeel het. Dit word tans in die Parlemants biblioteek in Kaapstad bewaar.
Die Jubileum (245,35 karaat) is in 1895 by Jagersfontein gevind en ter ere van koningin Victoria se jubileum in 1897 so vernoem. Dit is nou in die versameling van Paul Louis Weiller in Parys.
Die Oppenheimer diamant (253,70 karaat) is in 1964 op Dutoitspan gevind, deur die beroemde handelaar Harry Winston van New York gekoop en aan die Smithsonian Institute in Washington ter ere van sir Ernest Oppenheimer geskenk. Hierdie steen is 'n byna volmaakte gele.

Die woord 'karaat' is afgelei van 'carob' , 'n boom wat in die Ooste groei. Sy peule is as gewigte in die oosterse basaars gebruik wanneer diamante geweeg is. Dit was in IndiŽ dat diamante vir die eerste keer tussen 800 en 600 v.C. ontgin is.

In Suid Afrika het die diamantstormloop in alle erns in 1869 begin en daar word geskat dat daar teen 1869 ruim 50.000 mense op die delwerye was.

Die kimberlietpype by Jagersfontein en Dutoitspan is in 1870 ontdek en daarna diť by Bultfontein, De Beers en Kimberley in 1871, Koffiefontein in 1880 en Wesselton in 1891. Die Premier, die grootste diamantmy in Suid-Afrika, is in 1902 ontdek. Diamante kom ook in seebanke by Kleinsee, suid van Port Nolloth in Namakwaland voor en by Alexanderbaai suid van die Oranjeriviermond. Laasgenoemde is die Staat se spoeldiamante. In 1927 is spoeldiamante ook by Lichtenburg en Transvaal ontdek.

Die jongste ontdekking is die Finsch-myn, vernoem na Allister T. Fincham wat 'n ryk diamantpyp in 1961 sowat 150 km. wes van Kimberley ontdek het. In 1963 het De Beers die myn gekoop en in 1967 het dit begin produseer.

Wat die res van Afrika betref, kom diamante ook in ZaÔre voor (Bakwanga is die grootste produseerder van nywerheidsdiamante in die wÍreld).  In die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Ghana, LiberiŽ, TanzaniŽ, Sierra Leone, die Ivoorkus, Angola, Botswana en Lesotho.

Buite Afrika kom diamante voor in IndiŽ, Borneo, BrasiliŽ, Venezuela, AustraliŽ, die VSA en Rusland. In baie plekke is die neerslae egter klein en onekonomies om te ontgin.

In Suid-Afrika word twee oop myne naby Kimberley aangetref - Finsch en Koffiefontein. Die ander vier is ongeveer 900 meter diep en ontginning vind dus ondergronds plaas. Om 'n ruwe diamant uit te haal wat tot 'n siersteen van een karaat geslyp kan word, moet 'n gemiddelde van meer as 100 ton rots losgskiet, uitgehaal, vergruis, na die oppervlakte vervoer en gesorteer word. In Suidwes-Afrika, waar diamante in seebanke aangetref word, moet 'n dik laag sand van tot 21 meter diep eers verwyder word. Van al die ruwe diamante wat ontgin word, is minder as 20 persent geskik om tot sierdiamante geslyp te word. Die res word in die nywerheid aangewend om metale, plastiek en keramiek te slyp, te skuur of glad te maak.

Diamant is die hardste stof wat bekend is - veel harder as die volgende hardste, korund, wat robyne en safiere lewer. Dit is 'n vorm van gewone koolstof wat onder geweldige hitte en druk gekristalliseer het, miljoene jare gelede het een of ander sterk dryfkrag die koolstofkristalle langs pypagtige splete na die aarde se oppervlak geforseer en hoe verder die kristalle langs die lang, donker pyp gegaan het, hoe groter was die uiteindelike diamant. Met verloop van tyd het die kimberlietpype verweer en lae diamante is oor groot afstande met die riviere langs tot by die see gespoel.

Die verhouding van diamant tot afvalstof is baie laer as in die meeste ander mynprodukte - tot slegs een deel uit 40 miljoen (soos op Koffiefontein) - en die aanwezigheid van diamante in erts kan nie, soos met ander minerale, deur chemiese toetse bepaal word nie. Die metodes om diamante uit kimberlietpype en spoelgruis te win is grotendeels in Suid - Afrika ontwikkel. Waar diamantafsettings elders ontdek is, is Suid Afrikaanse metodes gewoonlik gebruik.

Omdat diamante nie nat word nie, word die vergruisde erts oor ghriestafels gespoel waar die diamante aan die ghries vaskleef, terwyl die gruis wegspoel. Die finale stadium was nog altyd handsortering, maar nou is daar by De Beers se diamantnavorsingslaboratorium sorteermasjiene ontwikkel volgens die metode van X straal verligting, wat aanvanklik deur Russiese tegnoloŽ in die laat vyftigerjare ontwikkel is. Dit kon gedoen word omdat die meeste diamante skitter onder 'n X straal, terwyl die meeste ander swaar minerale dit nie doen nie. Diamante is ook swak geleiers van elektrisiteit, sodat kleiner diamante uit spoelgruis deur 'n elektrostatiese afskeidingsproses gewin kan word. Diť stelsel het nou die skommeltafelmetode op die meeste van Afrikase spoeldelwerye vervang.

Die Sentrale Verkoopsorganisasie (SVO) met sy hoofdkwartier in Londen, reguleer die stabiliteit van die diamantbedryf in sy geheel. Wisselings in aanbod en aanvraag kan vir diamantproduserende lande probleme skep - veral in ontwikkelende lande waar die ekonomie baie afhanklik is van winsaandele of belasting, of regeringsdeelname in die betrokke diamantondernemings.Die SVO se beleid is om sy aankope te handhaaf en die kategorieŽ waarvoor daar nie onmiddellik 'n aanvraag is nie agter te hou. Met verloop van jare is groot kontantbronne opgebouw om wanbalanse te finansier en voorrade op 'n normale vlak te handhaaf. Die SVO se finansiŽle krag stel diamantprodusente in staat om hul verkope te reguleer, ten spyte van wisselende vraag. Voorts dien die SVO ook as bron van waardasie en advies.

Met die diamantstormloop laat in die jare 1960, was delwers traag om sinkhuisjes op te slaan, uit vrees dat die diamante gou gedaan sou raak. Maar hulle het nie en na meer as 'n eeu floreer die myne nog steeds. Die diamantbedryf het vandag duisende werknemers en verdien vir die land miljoene rande aan buitenlandse valuta.

Blinking Line

LampBlinking point Please sign our Guestbook on the Home Page


 

Dog running Press here to return. Blinking Line